Resepte / Recipes > Terte - Soet

Appeltert

(1/1)

Gerhard Jansen:
APPELTERT

3 Eetlepels margarien
1 Koppie suiker
3 Eiers
1 Koppie meelblom
1 Teelepel bakpoeier
1 Blik Fyngedrukte Tertappels (385 g)
Sout
1/4Koppie melk
Metode:

Meng margarien en suiker. Roer eiers een-een by.
Sif meel, bakpoeier en sout by en voeg melk by.
Gooi in gesmeerde bak.
Sit 'n blik (385 g) fyn gedrukte tertappels bo-op.
Bak 25-30 minute by 180C

Sous: Kook saam:

125 g Margarien
3/4 Koppie suiker
1 Koppie melk
Gooi oor net as tert uit oond kom.

Gerhard Jansen:
Appeltert (Helene)
(Dit is my ma se resep, so daar word nog in koppies (250 ml), eetlepels (15 ml) en teelepels (5 ml) gemeet.)
Die beslag is genoeg vir 'n normale ronde tertbak. Indien 'n kleinerige vierkantige bak ( 20cm x 15cm) gebruik word, moet resep dubbeld aangemaak word.
1 Koppie Bruismeel
2 eiers
knippie sout
1 blik tertappels (normale grootte)
1 koppie suiker
2 Eetlepels gesmelte botter
1/4 koppie melk
Meng suiker, eiers, botter, sout en melk saam.
Sif meel en meng bietjie-bietjie saam in suikermengsel.
Gooi mengsel in bak en skep appels oor mengsel.
Bak in oond 180C vir 3/4 uur. (Na 'n halfuur kan die oondtemperatuur na 150C verlaag word om te voorkom dat die tert te donker word.)
Maak sous
Sous
1 klein blik Ideal Milk
1 Teelepel Vanielje Essens
1 koppie suiker
Gooi alles saam in pot en bring tot kookpunt
Gooi warm sous oor tert sodra tert uit die oond kom.

Appeltert 1 (Karin)
Koekmengsel:
1 k koekmeelblom
Knippie sout
2 eiers
1 t bakpoeier
1/4 k melk
3/4 k suiker
1 klein blikkie tertapples (425 g)
Klits eiers goed. Voeg suiker by en klop.
Sif meelblom, bakpoeier en sout. Voeg by eiermengsel om die beurt met melk. Klop goed.
Gooi in gesmeerde tertbord.
Rangskik tertappels eweredig in die koekmengsel.
Bak vir 'n halfuur teen 180C.
Stroop:
3/4 k suiker
1 k room
1 t karamelessens
Kook bogenoemde saam vir 5 minute.
Gooi kokend oor gaar koekmengsel

Appeltert 2 (Lorette Grove)
Kors:
500ml ongesifte koekmeelblom
250ml suiker
10ml bakpoeier
2ml sout
250g margarine
Vulsel:
1 x blik onversoete tertappels, fyngekap (385 g)
125ml suiker
75g koekmengsel-droevrugte (1/2 koppie) (125 ml)
2ml kaneel
1ml fyn naeltjies
knyppie sout
1 teelepel hoogvol vlapoeier aangemaak met 'n bietjie water
Sif die koekmeelblom, suiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of margarine met die vingertoppe hierin totdat dit 'n deeg vorm. Bedek die deeg en laat dit 'n rukkie rus.  
Voorverhit die oond tot 180C (350F).  
Druk die helfte van die deeg teen die wand en op die boom van 'n oondvaste tertbord.
Meng die tertappels, suiker, droevrugtemengsel, kaneel, naeltjies en sout goed saam.
Skep dit in 'n kastrolletjie en verhit stadigm Roere vlapoeier by mengsel totdat dit begin verdik. Laat afkoel.  
Skep op die kors in die tertbord. Rasper die res van die deeg grof bo-oor.  
Bak die tert 20 minute of totdat die deeg begin verbruin. Sit dit louwarm of koud voor. Die tert vries ook goed.

Appeltert 3 (Petra)
My ma het altyd hierdie tert vir my Sussie gemaak en daarom noem ek dit Sharon se Appeltert. Dis die lekkerste en maklikste appeltert wat ek nog ooit geet het.
1 koppie Suiker
3 Eetlepels Botter/Margarien
1 teelepel Bakpoeier
'n knippie Sout
3 Eiers
1 koppie Koekmeel
1 koppie Room of Ideal Melk
1 koppie Suiker
1 blikkie Tertappels
Klits die Suiker en Botter baie goed saam tot lekker dik. (Hoe dikker, hoe lekkerder).
Voeg die eiers een vir een by.
Vou die Meel, Bakpoeier en Sout met 'n houtlepel in. (As jy dit klits, gaan die rys uit).
Gooi die mengsel in 'n gesmeerde plat bak.
Pak die tertappels bo-op die mengsel en bak by 180 tot gaar.
Kook intussen die Room en Suiker saam.
Wanneer die tert gaar is, gooi dit bo oor en sit terug in die oond vir so 3 minute.
Dis al en baie lekker. Jy kan dit ook gebruik vir 'n poeding met vla en roomys daarby.  

Gerhard Jansen:
Vir hierdie tert benodig jy 170 g ryk broskorsdeeg en 'n bakplaat.

680 g kookappels, geskil en in skywe gesny
1 eetlepel korente
1 eetlepel sultanas
2 eetlepels vars broodkrummels
2 eetlepels suiker
1 teelepel fyngemaalde kaneel

Meng die appels met die dro? vrugte, krummels, suiker en kaneel.

Rol die verkoelde deeg dun uit in n reghoekige fatsoen van sowat 23 x 15 cm. Sorg dat die deegkante gelyk is.
Plaas die deeg op n bakplaat.
Plaas die appelmengsel in die middel van die deeg. Daar moet sowat 5 cm oop bly aan die kante.
Lig die kante met ?n platmes en vou dit oor die vulsel. Druk die deeg effens plat met die mes.

Bak sowat 40 minute by 190C.

Skuif die deeg af van die bakplaat en bestrooi met versiersuiker.

Bedien die tert met room of vla

Gerhard Jansen:
Kook:
1 Groot Blik Tertappels (gekerf) saam met
1 en 'n halwe Koppie Suiker
5 Eetlepels Botter / Margarien
3 T/lepels Vanielje geursel
kwart T/lepel Sout
laat net opkook tot botter en suiker gesmelt is.

Klits tot room:
1 koppie Suiker
3 e/lepels Botter
3 Eiers - een vir een by en klits na elke byvoeging
Sif in:
1 Koppie Koekmeel
1 T/lepel bakpoeier
Knippie sout

Voeg kwart Koppie melk by. (Die deeg moet slap wees)
Skep in gesmeerde bakskottel - krap gelyk.
Skep appelmengsel bo-oor deeg en krap gelyk. Bak by 160 Grade tot gaar (plus minus 40 min.) Toets met tandestokkie.

Kook intussen saam:
1 Koppie Vars Room
1 Koppie Suiker
Knippie Sout
Kook net vir 'n kort rukkie tot dit effens verdik. (Karamel)
Skep dit oor warm tert sodra dit uit die oond kom.

Vingerlek-lekker!

resep: Elize Fuller

Navigation

[0] Message Index

Go to full version